Esperanto-afrikaans dwujęzyczna książka
Ni, anoj de la tutmonda movado por la progresigo de esperanto, direktas ĉi tiun manifeston al ĉiuj registaroj, internaciaj organizoj kaj homoj de bona volo, deklaras nian intencon firmvole plulabori por la celoj ĉi tie esprimitaj, kaj invitas ĉiun unuopan organizaĵon kaj homon aliĝi al nia strebado.
Ons, lede van die wêreldwye beweging ter bevordering van Esperanto, rig hierdie manifes aan alle regerings, internasionale organisasies en mense van goeie wil, verklaar ons voorneme om standvastig voort te werk aan die doeleindes hierin uitgesproke, en nooi elke organisasie en individu uit om hul by ons strewe aan te sluit.
Lanĉita en 1887 kiel projekto de helplingvo por internacia komunikado, kaj rapide evoluinta en vivoplenan, nuancoriĉan lingvon, esperanto jam de pli ol jarcento funkcias por kunligi homojn trans lingvaj kaj kulturaj baroj. Intertempe la celoj de ĝiaj parolantoj ne perdis gravecon kaj aktualecon. Nek la tutmonda uzado de kelkaj lingvoj, nek progresoj en la komunikad-tekniko, nek la malkovro de novaj metodoj de lingvo-instruado verŝajne realigos jenajn principojn, kiujn ni konsideras esencaj por justa kaj efika lingva ordo.
Esperanto, in 1887 gelanseer as ’n projek om ’n hulptaal vir internasionale kommunikasie te skep, het vinnig ontwikkel tot ’n lewende nuansryke taal wat reeds meer as ’n eeu lank funksioneer om mense oor grense van taal en kultuur te verbind. Intussen het die doelstellings van sy sprekers nie belang en aktualiteit verloor nie. Nóg die wêreldwye gebruik van ’n paar tale, nóg vordering in die kommunikasietegniek, nóg die ontdekking van nuwe metodes van taalonderrig sal waarskynlik die volgende beginsels verwesenlik, wat ons noodsaaklik ag vir regverdige en doeltreffende taalgebruik.
1. Demokratio
1. Demokrasie
Komunika sistemo, kiu tutvive privilegias iujn homojn, sed postulas de aliaj, ke ili investu jarojn da penoj por atingi malpli altan gradon de kapablo, estas fundamente maldemokratia. Kvankam, kiel ĉiu lingvo, esperanto ne estas perfekta, ĝi ege superas ĉiun rivalon en la sfero de egaleca tutmonda komunikado.
’n Kommunikasiestelsel wat sommige mense lewenslank bevoorreg, maar van andere vereis dat hulle jarelank energie investeer om ’n laer vlak van taalbeheersing te bereik, is fundamenteel ondemokraties. Hoewel Esperanto, soos elke taal, nie volmaak is nie, oortref dit verreweg elke mededinger op die gebied van gelykwaardige, wêreldwye kommunikasie.
Ni asertas, ke lingva malegaleco sekvigas komunikan malegalecon je ĉiuj niveloj, inkluzive de la internacia nivelo. Ni estas movado por demokratia komunikado.
Ons beweer dat taalongelykheid kommunikasie-ongelykheid op alle vlakke tot gevolg het, insluitend op internasionale vlak. Ons is ’n beweging vir demokratiese kommunikasie.
2. Transnacia edukado
2. Internasionale
Ĉiu etna lingvo estas ligita al difinita kulturo kaj naci(ar)o. Ekzemple, la lernejano, kiu studas la anglan, lernas pri la kulturo, geografio kaj politiko de la anglalingvaj landoj, precipe Usono kaj Britio. La lernejano, kiu studas esperanton, lernas pri la mondo sen limoj, en kiu ĉiu lando prezentiĝas kiel hejmo.
Opvoeding Elke etniese taal is gebonde aan ’n bepaalde kultuur en ’n bepaalde volk of land. Byvoorbeeld, die leerling wat Engels leer, leer van die kultuur, geografie en politiek van die Engelstalige lande, hoofsaaklik die VSA en Groot-Brittanje. Die leerling wat Esperanto leer, leer van ’n wêreld sonder grense, waar elke land as tuiste voorgestel word.
Ni asertas, ke la edukado per iu ajn etna lingvo estas ligita al difinita perspektivo pri la mondo. Ni estas movado de transnacia edukado.
Ons beweer, dat onderrig deur middel van enige etniese taal gebonde is aan ’n bepaalde wêreldbeskouing. Ons is ’n beweging van internasionale opvoeding.
3. Pedagogia efikeco
3. Pedagogiese effektiwiteit
Nur malgranda procentaĵo el tiuj, kiuj studas fremdan lingvon, ekmastras ĝin. Plena posedo de esperanto eblas eĉ per memstudado. Diversaj studoj raportis propedeŭtikajn efikojn al la lernado de aliaj lingvoj. Oni ankaŭ rekomendas esperanton kiel kernan eron en kursoj por la lingva konsciigo de lernantoj.
Slegs ’n klein persentasie van diegene wat ’n vreemde taal aanleer, begin om dit bemeester. Volledige beheersing van Esperanto is moontlik selfs deur middel van selfstudie. Verskillende studies het verslag gelewer dat oor die propedeutiese effek van Esperanto op die leer van ander tale. Esperanto word ook as kerndeel aanbeveel in kursusse wat leerlinge bewus maak van wat taal is.
Ni asertas, ke la malfacileco de la etnaj lingvoj ĉiam prezentos obstaklon por multaj lernantoj, kiuj tamen profitus el la scio de dua lingvo. Ni estas movado por efika lingvo-instruado.
Ons beweer dat die moeilikheid van die etniese tale altyd ’n belemmering sal vorm vir vele leerlinge wat tog voordeel sou trek uit ’n tweede taal. Ons is ’n beweging vir effektiewe taal-onderrig.
4. Plurlingveco
4. Meertaligheid
La esperanto-komunumo estas unu el malmultaj mondskalaj lingvokomunumoj, kies parolantoj estas senescepte du- aŭ plurlingvaj. Ĉiu komunumano akceptis la taskon lerni almenaŭ unu fremdan lingvon ĝis parola grado. Multokaze tio kondukas al la scio de kaj amo al pluraj lingvoj, kaj ĝenerale al pli vasta persona horizonto.
Die Esperanto-gemeenskap is een van die min taalgemeenskappe op wêreldskaal, waarvan die sprekers sonder uitsondering twee- or meertalig is. Elke lid van dié gemeenskap het dit op hulself geneem om ten minste een vreemde taal te leer tot op spreeksvlak. In vele gevalle lei dit tot die kennis van en die liefde vir ander tale, en in die algemeen tot ’n wyer persoonlike horison.
Ni asertas, ke la anoj de ĉiuj lingvoj, grandaj kaj malgrandaj, devus disponi pri reala ŝanco por alproprigi duan lingvon ĝis alta komunika nivelo. Ni estas movado por la provizo de tiu ŝanco.
Ons beweer, dat die sprekers van alle tale, groot of klein, behoort te beskik oor die werklike kans om ’n tweede taal hul eie te maak tot op ’n hoë vlak van kommunikasie. Ons is ’n beweging wat dié kans voorsien.
5. Lingvaj rajtoj
5. Taalregte
La malegala disdivido de potenco inter la lingvoj estas recepto por konstanta lingva malsekureco, aŭ rekta lingva subpremado ĉe granda parto de la monda loĝantaro. En la esperanto-komunumo la anoj de lingvoj grandaj kaj malgrandaj, oficialaj kaj neoficialaj, kunvenas sur neŭtrala tereno, dank' al la reciproka volo kompromisi. Tia ekvilibro inter lingvaj rajtoj kaj respondecoj liveras precedencon por evoluigi kaj pritaksi aliajn solvojn al la lingva malegaleco kaj lingvaj konfliktoj.
Die ongelyke magsverdeling tussen die tale is ’n resep vir voortdurende taalonveiligheid, of regstreekse taalonderdrukking by ’n groot deel van die wêreldbevolking. In die Esperanto-gemeenskap ontmoet die lede van groot tale, sowel as kleineres, amptelike tale en nie-amptelikes, op neutrale grond, danksy die wedersydse gewilligheid om mekaar tegemoet te kom. So ’n ewewig tussen taalregte en verantwoordelikhede lewer ’n presedent om ander oplossings vir taalongelykheid en taalkonflikte te ontwikkel en te evalueer.
Ni asertas, ke la vastaj potencodiferencoj inter la lingvoj subfosas la garantiojn esprimitajn en tiom da internaciaj dokumentoj, de egaleca traktado sendistinge pri la lingvo. Ni estas movado por lingvaj rajtoj.
Ons beweer, dat die waarborge van gelyke behandeling ongeag taal, wat in soveel internasionale dokumente uitgespreek word, deur die groot magsverskille tussen die tale ondermyn word. Ons is ’n beweging vir taalregte.
6. Lingva diverseco
6. Taaldiversiteit
La naciaj registaroj emas konsideri la grandan diversecon de lingvoj en la mondo kiel baron al komunikado kaj evoluigo. Por la esperanto-komunumo, tamen, la lingva diverseco estas konstanta kaj nemalhavebla fonto de riĉeco. Sekve, ĉiu lingvo, kiel ĉiu vivaĵospecio, estas valora jam pro si mem kaj inda je protektado kaj subtenado.
Die nasionale regerings neig daartoe om die groot verskeidenheid van tale in die wêreld te sien as ’n belemmering vir kommunikasie en ontwikkeling. Vir die Esperanto-gemeenskap, is die taalverskeidenheid ’n voortdurende en onmisbare bron van rykdom. Gevolglik is elke taal, net soos elke lewende spesie, al waardevol op sigself en verdien beskerming en ondersteuning.
Ni asertas, ke la politiko de komunikado kaj evoluigo, se ĝi ne estas bazita sur respekto al kaj subteno de ĉiuj lingvoj, kondamnas al formorto la plimulton de la lingvoj de la mondo. Ni estas movado por lingva diverseco.
Ons beweer dat die politiek van kommunikasie en ontwikkeling, indien dit nie op respek vir en onstersteuning van alle tale gebaseer is nie, lei tot die uitsterwing van die meerderheid van die tale van die wêreld. Ons is ’n beweging vir taalverskeidenheid.
7. Homa emancipiĝo
7. Emansipasie van mense
Ĉiu lingvo liberigas kaj malliberigas siajn anojn, donante al ili la povon komuniki inter si, barante la komunikadon kun aliaj. Planita kiel universala komunikilo, esperanto estas unu el la grandaj funkciantaj projektoj de la homa emancipiĝo — projekto por ebligi al ĉiu homo partopreni kiel individuo en la homa komunumo, kun firmaj radikoj ĉe sia loka kultura kaj lingva identeco, sed ne limigite de ili.
Elke taal bevry en beperk sy sprekers; enersyds deur aan hulle die moontlikheid te gee om onderling te kommunikeer, maar andersyds deur kommunikasie met andere te belemmer. Beplan as ’n universele kommunikasiemiddel, is Esperanto een van die grootste funksionerende projekte vir die emansipasie van mense — ’n projek om elke mens in staat te stel om as individu in die menslike gemeenskap deel te neem, met stewige wortels in hul plaaslike kultuur en taalidentiteit, maar om nie daardeur beperk te word nie.
Ni asertas, ke la ekskluziva uzado de naciaj lingvoj neeviteble starigas barojn al la liberecoj de sinesprimado, komunikado kaj asociiĝo. Ni estas movado por la homa emancipiĝo.
Ons beweer dat die ekslusiewe gebruik van etniese tale onvermydelik belemmeringe opwerp vir die vryheid van uitdrukking, kommunikasie en assosiasie. Ons is ’n beweging vir die emansipasie van mense.
Prago, jul. 1996
Prago, jul. 1996
Reklama