Afrikaans-Japanese bilingual book
Ons, lede van die wêreldwye beweging ter bevordering van Esperanto, rig hierdie manifes aan alle regerings, internasionale organisasies en mense van goeie wil, verklaar ons voorneme om standvastig voort te werk aan die doeleindes hierin uitgesproke, en nooi elke organisasie en individu uit om hul by ons strewe aan te sluit.
私たち、エスペラントの発展のための世界的な運動に加わる者たちは、この宣言をすべての政府、国際組織および良心ある人々に対して送り、ここに表明された目標に向けて私たちが不退転の決意をもって活動し続けることを宣言するとともに、それぞれの組織と個人とが私たちのこの努力に加わるよう呼びかける。
Esperanto, in 1887 gelanseer as ’n projek om ’n hulptaal vir internasionale kommunikasie te skep, het vinnig ontwikkel tot ’n lewende nuansryke taal wat reeds meer as ’n eeu lank funksioneer om mense oor grense van taal en kultuur te verbind. Intussen het die doelstellings van sy sprekers nie belang en aktualiteit verloor nie. Nóg die wêreldwye gebruik van ’n paar tale, nóg vordering in die kommunikasietegniek, nóg die ontdekking van nuwe metodes van taalonderrig sal waarskynlik die volgende beginsels verwesenlik, wat ons noodsaaklik ag vir regverdige en doeltreffende taalgebruik.
エスペラントは、1887年に国際的コミュニケーションのための補助言語案として提唱された後、生命力と表現力に富んだ言語へと速やかな発達を遂げ、すでに一世紀以上にわたって言語と文化の壁を越えて人々を結びつける働きを果たしてきた。エスペラントの使用者たちが目指してきた理想は今なお重要性と現代的意義を失っていない。私たちは公正で効果的な言語秩序のためには以下に述べる原則が必須であると考えるが、いずれかの民族語を世界語として使用しても、また今後いかに通信技術が進歩し、新しい言語教育法が開発されるにしても、これらの原則を実現することはできないであろう。
1. Demokrasie
1. 民主性
’n Kommunikasiestelsel wat sommige mense lewenslank bevoorreg, maar van andere vereis dat hulle jarelank energie investeer om ’n laer vlak van taalbeheersing te bereik, is fundamenteel ondemokraties. Hoewel Esperanto, soos elke taal, nie volmaak is nie, oortref dit verreweg elke mededinger op die gebied van gelykwaardige, wêreldwye kommunikasie.
あるコミュニケーションのしくみが、特定の人々には一生涯の特権を与える一方で、他の人々にはより低い段階の能力の獲得にさえ多年の努力をつぎ込むよう求めるなら、それは根本において反民主的なものである。エスペラントは、他の言語と同様に、完全ではないが、平等な全世界的コミュニケーションという領域では、どの競合する言語に比べてもはるかにまさっている。
Ons beweer dat taalongelykheid kommunikasie-ongelykheid op alle vlakke tot gevolg het, insluitend op internasionale vlak. Ons is ’n beweging vir demokratiese kommunikasie.
言語の不平等は、国際レベルを含めたあらゆるレベルにおいて、コミュニケーションの不平等を生み出すものであると、私たちは主張する。私たちの運動は民主的なコミュニケーションを目指すものである。
2. Internasionale
2. 民族性を超えた教育
Opvoeding Elke etniese taal is gebonde aan ’n bepaalde kultuur en ’n bepaalde volk of land. Byvoorbeeld, die leerling wat Engels leer, leer van die kultuur, geografie en politiek van die Engelstalige lande, hoofsaaklik die VSA en Groot-Brittanje. Die leerling wat Esperanto leer, leer van ’n wêreld sonder grense, waar elke land as tuiste voorgestel word.
民族語はそれぞれ特定の文化・国家と結びついている。例えば、英語を学習する生徒は英語圏の諸国、特にアメリカ合衆国とイギリスの文化・地理・政治について学ぶことになる。それに対してエスペラントを学習する生徒は、国境のない世界について学ぶのであって、そこではどの国も故国と見なされる。
Ons beweer, dat onderrig deur middel van enige etniese taal gebonde is aan ’n bepaalde wêreldbeskouing. Ons is ’n beweging van internasionale opvoeding.
いずれの民族語を用いた教育も特定の世界観に結びついていると、私たちは主張する。私たちの運動は民族性を超えた教育を目指すものである。
3. Pedagogiese effektiwiteit
3. 教育上の効果
Slegs ’n klein persentasie van diegene wat ’n vreemde taal aanleer, begin om dit bemeester. Volledige beheersing van Esperanto is moontlik selfs deur middel van selfstudie. Verskillende studies het verslag gelewer dat oor die propedeutiese effek van Esperanto op die leer van ander tale. Esperanto word ook as kerndeel aanbeveel in kursusse wat leerlinge bewus maak van wat taal is.
外国語を学習する人の中で、それを習得できる人の割合はごく低い。それに対してエスペラントの習得は独習によっても可能であり、他の言語を学ぶための予備的学習としての効果についてもさまざまな研究報告がある。また、生徒の言語意識を高めるための教科においてエスペラントを中核に位置づけるよう勧める声もある。
Ons beweer dat die moeilikheid van die etniese tale altyd ’n belemmering sal vorm vir vele leerlinge wat tog voordeel sou trek uit ’n tweede taal. Ons is ’n beweging vir effektiewe taal-onderrig.
民族語の学習は難しく、第二言語の知識があればそれによって益を受けるはずの多くの学習者にとって常に障害となり続けるであろうと、私たちは主張する。私たちの運動は効果的な言語教育を目指すものである。
4. Meertaligheid
4. 多言語性
Die Esperanto-gemeenskap is een van die min taalgemeenskappe op wêreldskaal, waarvan die sprekers sonder uitsondering twee- or meertalig is. Elke lid van dié gemeenskap het dit op hulself geneem om ten minste een vreemde taal te leer tot op spreeksvlak. In vele gevalle lei dit tot die kennis van en die liefde vir ander tale, en in die algemeen tot ’n wyer persoonlike horison.
エスペラントの共同体は、その構成員が例外なく二つ以上の言語を話すという、世界的規模の言語共同体としては数少ない例の一つである。構成員はそれぞれ、少なくとも一つの非母語を会話のできる程度まで学ぶことを自己に課している。多くの場合、このことは複数の言語に対する知識と愛着をもたらし、ひいてはその人の視野をより広くすることにつながっている。
Ons beweer, dat die sprekers van alle tale, groot of klein, behoort te beskik oor die werklike kans om ’n tweede taal hul eie te maak tot op ’n hoë vlak van kommunikasie. Ons is ’n beweging wat dié kans voorsien.
どの言語の話し手にも、その言語の大小を問わず、コミュニケーションが可能な高い水準まで第二言語を習得する現実的な機会が与えられていてしかるべきだと、私たちは主張する。私たちの運動はその機会を提供するものである。
5. Taalregte
5. 言語上の権利
Die ongelyke magsverdeling tussen die tale is ’n resep vir voortdurende taalonveiligheid, of regstreekse taalonderdrukking by ’n groot deel van die wêreldbevolking. In die Esperanto-gemeenskap ontmoet die lede van groot tale, sowel as kleineres, amptelike tale en nie-amptelikes, op neutrale grond, danksy die wedersydse gewilligheid om mekaar tegemoet te kom. So ’n ewewig tussen taalregte en verantwoordelikhede lewer ’n presedent om ander oplossings vir taalongelykheid en taalkonflikte te ontwikkel en te evalueer.
言語間に力の不平等があることは、世界の大部分の人々にとって、言語的な危機感をもたらし、ときには直接の言語的抑圧となっている。エスペラントの共同体では、母語の大小や公用・非公用を問わず、互いの寛容の精神によって、中立の場に集っている。このような言語における権利と責任の間のバランスは、言語の不平等や紛争に対する新しい解決策を進展させ評価するための先例となるものである。
Ons beweer, dat die waarborge van gelyke behandeling ongeag taal, wat in soveel internasionale dokumente uitgespreek word, deur die groot magsverskille tussen die tale ondermyn word. Ons is ’n beweging vir taalregte.
いずれの言語にも平等な取り扱いを保証する旨が多くの国際的文書に表明されているが、言語間の力の大きな格差はその保証を危うくするものであると、私たちは主張する。私たちの運動は言語上の権利の保証を目指すものである。
6. Taaldiversiteit
6. 言語の多様性
Die nasionale regerings neig daartoe om die groot verskeidenheid van tale in die wêreld te sien as ’n belemmering vir kommunikasie en ontwikkeling. Vir die Esperanto-gemeenskap, is die taalverskeidenheid ’n voortdurende en onmisbare bron van rykdom. Gevolglik is elke taal, net soos elke lewende spesie, al waardevol op sigself en verdien beskerming en ondersteuning.
諸国の政府は往々にして世界における言語の多様性をコミュニケーションと社会発展にとっての障害とみなしがちである。しかし、エスペラントの共同体にとっては、言語の多様性は尽きることなく欠くことのできない豊かさの源泉である。したがって、それぞれの言語はあらゆる生物種と同様にそれ自身すでに価値があり、保護し維持するに値するものである。
Ons beweer dat die politiek van kommunikasie en ontwikkeling, indien dit nie op respek vir en onstersteuning van alle tale gebaseer is nie, lei tot die uitsterwing van die meerderheid van die tale van die wêreld. Ons is ’n beweging vir taalverskeidenheid.
もしコミュニケーションと発展に関する政策がすべての言語の尊重と支持に基礎を置くものでないならば、それは世界の大多数の言語に死を宣告するものであると、私たちは主張する。私たちの運動は言語の多様性を目指すものである。
7. Emansipasie van mense
7. 人間の解放
Elke taal bevry en beperk sy sprekers; enersyds deur aan hulle die moontlikheid te gee om onderling te kommunikeer, maar andersyds deur kommunikasie met andere te belemmer. Beplan as ’n universele kommunikasiemiddel, is Esperanto een van die grootste funksionerende projekte vir die emansipasie van mense — ’n projek om elke mens in staat te stel om as individu in die menslike gemeenskap deel te neem, met stewige wortels in hul plaaslike kultuur en taalidentiteit, maar om nie daardeur beperk te word nie.
いかなる言語も、その使用者間のコミュニケーションを可能にすることによって人々を自由にしている一方で、他の人々とのコミュニケーションを阻害することによって不自由にもしている。全世界的なコミュニケーションの道具として立案されたエスペラントは、人間解放の大きな実際的事業の一つである。すなわち、すべての人が各自の地域文化や言語的独自性にしっかりと根ざしていながらそれに制約されず、人類の共同体にその一員として参加することを可能にする事業なのである。
Ons beweer dat die ekslusiewe gebruik van etniese tale onvermydelik belemmeringe opwerp vir die vryheid van uitdrukking, kommunikasie en assosiasie. Ons is ’n beweging vir die emansipasie van mense.
数ヶ国の民族語のみを使うことは自己表現やコミュニケーション、連帯の自由に対する障害となることが避けられないと、私たちは主張する。私たちの運動は人間の解放を目指すものである。
Prago, jul. 1996
Prago, jul. 1996
Advertisement